Amandelboompie Speelskool

Contact Information
-
20 Erica Way
Durbanville Hills
Durbanville, Cape Town
South Africa - Phone: 082 826 1459 Send Message
Die Amandelboom is die simbool van waaksaamheid en belofte. Dis die eerste vrugteboom wat bloei, vroeg in die seisoen. Kom kuier gerus by ons klein, huislike, intieme speelskooltjie en kom kyk wat ons jou bied. Ek streef daarna om ‘n gelukkige en veilige omgewing te skep waarin elke kind holisties kan ontwikkel. Die program wat ek volg moedig deurgaans die kleuter aan om fisies, emosioneel, intellektueel, geestelik en sosiaal te ontwikkel. • Ure: 08:30 - 12:30 | 2, 3 Dag Opsie Amandelboompie bied 'n boomryke speelgrond met lieflike sandput en klimrame, 'n trampolien en 'n "Formule 1 renbaan" waar die kleuters heerlik met swart fietsies kan rondry. Ons spesialiseer in n klein groepie kleuters, nooit meer as 12 kleuters. 2 of 3 dag opsie beskikbaar. Die Dagprogram sluit die volgende in: "Woordtyd" (Bybel) , Vryespel, Kreatiewe aktiwiteit, Buitespel, Opvoedkundigespel, Musiek en sang, Storietyd. Playball, Monkeynastix en Musiek word as buitemuurse aktiwiteite tydens skoolure aangebied. Slegs 11 maande fooi - geen fooi vir Desember. Kontak my gerus vir ‘n afspraak - Lelanie Kriel - 082 826 1459
• Ouderdom: 2 - 5 jaar
• Speelskooldae; Maandag - Vrydag
• Speelskooltye; Die speelskool program begin om 09:00 tot 12:00 en ons sluit om 12:30 Kleuters mag vanaf 08:30 afgelaai word.
Daar is 2 klassies, die een (met teelvloer) vir kunsaktiwiteite, kleispel en eet, die ander met volvloermat vir legkaarte bou, stories lees en sommer lekker binne speel.
In die somer werk ons by die tafeltjies op die gras in die koelte voor die klassies en hoor ons die duiwe koer en sien die skoenlappers wat vladder in die tuin.
Die speelskool is aanvullend tot die ouerhuis. Ek probeer ‘n rustige atmosfeer skep waarin die kind geborge kan voel. Ek vertrou dat u kind baie gelukkig sal wees by die Amandelboompie Speelskool. Ek hoop dat u kleuter vroeg sal bot en baie vrugte sal dra wat ooreenstem met die belofte wat op sy/ haar lewe is!!
Map
Additional Information
Contact Person 1: Lelanie Kriel
Cellphone 1: 082 826 1459
Other Information
Images

The Learning Tree Educare
61 Mydrecht Street
Bothasig, Cape Town
South Africa
The Learning Tree Educare offering aftercare and

Lil Angels Party and Play
21 and 23 Fairway Road
Table View, Cape Town
South Africa
Lil Angels Party and Play facilitating kids
-
Building Blocks Centre
Unit G3 Pinelands Business Park
New Mill Road
Pinelands, Cape Town
South AfricaBuilding Blocks Occupational Therapy is an
31-05-2022 12:15PM
-
Little Flamingo Montessori
3 Knokke Avenue
Flamingo Vlei
Table View, Cape Town
South AfricaLittle Flamingo Montessori in Table View, Cape
03-02-2022 11:48AM
-
Christine Copley Registered Counsellor
8 Verdi Boulevard
Sonstraal Heights
Durbanville, Cape Town
South AfricaI am a qualified Registered Counsellor, registered
25-10-2021 02:28PM
-
Peekaboo Daycare and Preschool
139b Humewood Drive
Parklands, Cape Town
South AfricaWhere learning, love and laughter comes together
(19144 views since 22-11-2012 11:23AM)
-
Davy Deer's Play Centre
144 Caledon Road
Townsend Estate
Goodwood, Cape Town
South AfricaWe care for children between the ages of 2 years
(9010 views since 07-12-2011 12:00AM)
-
Just Labels
South AfricaJust Labels self-adhesive products provide a
(4216 views since 27-09-2012 09:47AM)